In hierdie potgooi gesels ek en Portefeuljevoorsitter vir Gemeenskapsdienste Raadslid Leon van Dyk oor Gemeenskapsveiligheid en beantwoord ons vrae wat ons gereeld vanuit die gemeenskap uit kry.
In hierdie episode gesels ek met Lieschke Steven-Jennings, Uitvoerende Hoof van Mosselbaai Toerisme, oor die rol van toerisme in ekonomiese groei en die opwindende geleenthede wat Mosselbaai binnekort gaan aanbied. Die kalender is propvol hoogtepunte – van Amfihart, Matriekbaai, die Great Brak Night Cycle, Transagulhas, die Great Brak Grabadoo, tot die UIPM Biathle-, Triathle- en Laser Run Wêreldkampioenskappe. Hierdie geleenthede vier die energie, sportgees en kultuur van Mosselbaai en die omliggende dorpe, en wys hoe toerisme ’n dryfkrag vir groei en gemeenskapsamewerking kan wees.
In hierdie episode gesels ek oor die vyfde pilaar van ons GROW-strategie: Sosiale Opheffing. Ek glo dat ’n gemeenskap nie net gebou word op infrastruktuur en ekonomiese groei nie, maar ook op die gesondheid, welstand en samehorigheid van sy mense. Sosiale opheffing gaan oor die herstel en versterking van die weefsel van ons gemeenskap – die verhoudings, die ondersteuningstelsels, en die geleenthede wat mense in staat stel om hul volle potensiaal te bereik. Sedert 2021 het ons raad gefokus op projekte wat hoop bring en mense bemagtig: Gemeenskapsprogramme wat jongmense toerus met vaardighede en geleenthede. Vennootskappe met geloofsgemeenskappe, NRO’s en sportorganisasies wat ’n positiewe verskil maak in die daaglikse lewe van inwoners. Inisiatiewe wat veiligheid, gesondheid en inklusiwiteit bevorder, sodat elke inwoner voel dat hulle ’n plek en ’n stem het in Mosselbaai. Sosiale opheffing beteken dat ons nie net kyk na die fisiese omgewing waarin mense woon nie, maar ook na die sosiale omgewing – die ondersteuning, die sorg en die geleenthede wat ’n gemeenskap lewendig en veerkragtig maak.
In hierdie Episode brei ek bietjie uit rondom die omgewing.
In hierdie episode bespreek ons belangrike kwessies rondom veiligheid.
In hierdie derde episode van 𝐃𝐢𝐫𝐞𝐤 𝐌𝐞𝐭 𝐃𝐢𝐫𝐤, gesels ek as Uitvoerende Burgemeester van Mosselbaai oor die rol van effektiewe kommunikasie en finansiële bestuur in plaaslike regering. Ons kyk na tasbare suksesse, strategiese beplanning, en hoe hierdie faktore direk die lewenskwaliteit van Mosselbaai se inwoners beïnvloed.
Niks is so tasbaar as wanneer iemand in jou sak krap nie
Kom ons gesels
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.